Veiligheids- en privaatheidsentrum

Welkom

Spotify is ’n digitale musiek-, podsending- en luisterboekdiens wat jou toegang tot miljoene liedjies en ander inhoud van skeppers reg oor die wêreld gee. Ons is daartoe verbind om ’n veilige omgewing te verskaf en ons gebruikers se privaatheid te beskerm. Ter ondersteuning van daardie poging werk ons globale spanne dag en nag om gebruikers op Spotify teen skade te beskerm, te help om hulle data veilig te hou en te verseker dat die ervaring vir almal aangenaam is.