Privaatheid
Insameling van jou persoonlike data
Dit is vir ons baie belangrik dat jy verstaan watter persoonlike data ons oor jou insamel, hoe ons dit insamel en hoekom dit nodig is.
Ons samel jou persoonlike data op die volgende maniere in:
- Wanneer jy by die Spotify-diens aanmeld of wanneer jy jou rekening opdateer samel ons sekere persoonlike data in om jou Spotify-rekening te skep sodat jy die Spotify-diens kan gebruik. Dit sluit jou profielnaam en e-posadres in, soos in afdeling 3 van ons Privaatheidsbeleid in meer besonderhede beskryf word.
- Deur jou gebruik van die Spotify-diens – wanneer jy die Spotify-diens gebruik of toegang daartoe verkry, verwerk ons en samel ons persoonlike data oor jou aksies in. Dit sluit die liedjies wat jy gespeel het en speellyste wat jy geskep het, in. Dit is die Gebruiksdata-kategorie in afdeling 3 van ons Privaatheidsbeleid.
- Persoonlike data wat jy kies om aan ons te gee – van tyd tot tyd kan jy ook bykomende persoonlike data aan ons verskaf of ons toestemming gee om persoonlike data in te samel, om jou byvoorbeeld van nog kenmerke of funksionaliteit te voorsien. Dit kan stemdata, betalings- en aankoopdata en opname- en navorsingsdatakategorieë insluit wat in afdeling 3 van ons privaatheidsbeleidvervat is.
- Persoonlike data wat ons van derdeparty-bronne ontvang – as jy met ’n ander diens by Spotify aanmeld of jou Spotify-rekening aan ’n derdeparty-toepassing, -diens of -toestel koppel, sal ons jou data van daardie derde partye ontvang. Ons kan ook jou data van tegniese diensverskaffers, betalingsvennote en advertensie- en bemarkingsvennote ontvang. Sien afdeling 3 van die Privaatheidsbeleid vir meer besonderhede.